Anton Goosen | en

8    0

Anton Goosen het 'n lang pad gestap vandat hy as student per trein gereis het van Heidelberg af, waar hy studeer het, na Oos-Londen om 'n 15-minute set te doen by 'n plaaslike verskeidenheidskonsert. Die jong Anton Goosen het hoofsaaklik Engelse covers gespeel en dit is nie bekend of enigeen in die gehoor besef het watter impak Anton op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in die algemeen en meer spesifiek die Afrikaanse musiekbedryf gaan hê nie.Daar was sekerlik skeptici. Reeds in standerd 9 het 'n skoolsielkundige vir hom gesê dat daar geen toekoms vir hom in musiek is nie.

Ná skool, met geen onmiddellike musikale loopbaan in die vooruitsig nie, het hy homself as onderwyser bekwaam en onderwys by St. Stithians gegee terwyl hy saans in kroeë gespeel het. Min mense weet dit, maar in hierdie tyd bekwaam hy hom ook as Suid-Transvaalse sokkerskeidregter.

Tydens sy termyn by St. Stithians skryf hy 'n musiekblyspel, Jantjie, wat deur die leerlinge opgevoer word. Anton verlaat die onderwys in 1976 en begin as deeltydse resensent by die nuutgestigde Beeld werk. Hy gee in die tyd ook kitaarklasse en pottebakkeryklasse. Sy eerste onderhoud as Beeld se musiekresensent was met die relatief onbekende Sonja Heroldt, wie se Ek verlang na jou toe pas begin het om gewildheid te verwerf. Tydens die onderhoud noem Anton aan Sonja dat hy ook liedjies skryf en nadat sy hom by sy huis besoek en deur sy liedjieversameling geblaai het, kies sy Jantjie om te sing en word dit een van haar grootste treffers.

In Junie 2009 word Anton saam met Coenie de Villiers en David Kramer vereer met 'n eeufeesmedalje deur die Akademie vir Kuns en Wetenskap vir hul onderskeie bydraes tot Afrikaanse musiek.

In 2010 ontvang Anton ‘n ATKV toekenning vir sy bydrae as liedjieskrywer.

In 2011 ontvang Anton ‘n goue Voortrekker-erepenning vir uitstaande jeugdiens.

In 2012 vervaardig en bied Anton 'n baie suksesvolle musiekreeks, Liedjieboer-rumoer, vir RSG aan. .

All albums

Top albums

Similar artists